Bibliography

Die waarde van die Akademiese Bekwaamheidsbattery in die keuring van onderwysstudente

Die voorspelling van opleidingsukses by voornemende studente van ‘n onderwyskollege hou groot voordele in, deurdat dit kan bydra tot ‘n meer effektiewe keuring van studente. Een van die psigometriese toetse wat in ‘n keuringsbattery gebruik kan word, is die Akademiese Bekwaamheidsbattery. Hierdie toets meet ‘n persoon se bekwaamheid in die sosiale wetenskappe, handelswetenskappe, natuurwetenskappe, wiskundige wetenskappe en tale. Die populasie bestaan uit alle man- en damestudente wat van 1979 tot 1987 ingeskryf het as onderwysstudente aan die Windhoekse Onderwyskollege (Namibi). Die ondersoek is gedoen met behulp van die meerveranderlike variansieontleding (MANOVA), die eenrigting-variansieontleding (ANOVA), en van Scheff se post-hoc-vergelykings. Gevolgtrekking is dat suksesvolle studente, wat die kursus in 4 jaar voltooi het, die hoogste gepresteer het in al die toetse en die uitsakkers die laagste. Bronnelys, samevatting in Afrikaans, Engels en Duits.

Title: Die waarde van die Akademiese Bekwaamheidsbattery in die keuring van onderwysstudente
Author: Verhoef, S.A.C.
Year: 1989
Periodical: Fasette: Facets
Volume: 8
Issue: 2
Pages: 17-21
Language: Afrikaans
Geographic term: Namibia
Abstract: Die voorspelling van opleidingsukses by voornemende studente van ‘n onderwyskollege hou groot voordele in, deurdat dit kan bydra tot ‘n meer effektiewe keuring van studente. Een van die psigometriese toetse wat in ‘n keuringsbattery gebruik kan word, is die Akademiese Bekwaamheidsbattery. Hierdie toets meet ‘n persoon se bekwaamheid in die sosiale wetenskappe, handelswetenskappe, natuurwetenskappe, wiskundige wetenskappe en tale. Die populasie bestaan uit alle man- en damestudente wat van 1979 tot 1987 ingeskryf het as onderwysstudente aan die Windhoekse Onderwyskollege (Namibi). Die ondersoek is gedoen met behulp van die meerveranderlike variansieontleding (MANOVA), die eenrigting-variansieontleding (ANOVA), en van Scheff se post-hoc-vergelykings. Gevolgtrekking is dat suksesvolle studente, wat die kursus in 4 jaar voltooi het, die hoogste gepresteer het in al die toetse en die uitsakkers die laagste. Bronnelys, samevatting in Afrikaans, Engels en Duits.